Babin Jar

Sowjetse oorlogsgevangenes word deur die Nazi's gebruik om 'n massagraf toe te gooi ná die Babin Jar-slagting, 1 Oktober 1941.

Babin Jar (Oekraïens: Бабин Яр) of Babi Jar (Russies: Бабий Яр) is 'n kloof of ravyn in die Oekraïense hoofstad, Kijif, en 'n terrein waar Nazi-Duitsland tydens die Tweede Wêreldoorlog in sy veldtog teen die Sowjetunie massaslagtings uitgevoer het. Die eerste en bes gedokumenteerde slagting het op 29-30 September 1941 plaasgevind toe omtrent 33 771 Jode vermoor is as deel van 'n veldtog om al die Jode van Kijif uit te wis.

Dit was die grootste massamoord onder die Nazi's en hulle Oekraïense meelopers in die veldtog teen die Sowjetunie,[1] en dit word "die grootste enkele slagting in die geskiedenis van die Holocaust" tot in daardie stadium genoem.[2] Dit is net oortref deur die latere Odessa-slagting van meer as 50 000 Jode in Oktober 1941 (deur Duitse en Roemeense soldate) en deur Aktion Erntefest van November 1943 in die besette Pole met 42 000 tot 43 000 slagoffers.[3]

Slagoffers van ander slagtings op die terrein sluit in Sowjetse oorlogsgevangenes, kommuniste, Oekraïense nasionaliste en Roma.[4][5][6] Tussen 100 000 en 150 000 mense is raming tydens die Duitse besetting by Babin Jar vermoor.[7]

  1. Wolfram Wette (2006). The Wehrmacht: History, Myth, Reality. Harvard University Press. p. 112. ISBN 9780674022133.
  2. Lower, Wendy (2007). "From Berlin to Babi Yar. The Nazi War Against the Jews, 1941–1944" (PDF). Journal of Religion & Society. The Kripke Center, Towson University. 9. hdl:10504/64569. ISSN 1522-5658. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 5 Maart 2009. Besoek op 24 Mei 2013. Geargiveer 5 Maart 2009 op Wayback Machine
  3. Browning, Christopher R. (1992–1998). "Arrival in Poland" (PDF file, direct download 7.91 MB complete). Ordinary Men: Reserve Police Battalion 101 and the Final Solution in Poland. Penguin Books. pp. 135–142. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 19 Oktober 2013. Besoek op 24 Mei 2013.
  4. Hoffman, Avi (23 Oktober 2011). "A Museum for Babi Yar". The Jerusalem Post. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Junie 2013.
  5. "Zionism and Israel – Encyclopedic Dictionary: Babi Yar". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Desember 2014. Besoek op 26 Desember 2014.
  6. Ludmyla Yurchenko, "Life is not to be sold for a few pieces of silver: The life of Olena Teliha Geargiveer 14 Augustus 2007 op Wayback Machine", Ukrainian Youth Association.
  7. Magocsi, Paul Robert (1996). A History of Ukraine. University of Toronto Press. p. 633. ISBN 978-0-8020-7820-9.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne